Omtrent Ons ⇒ BLOG
Vrydag 09:56, 18 Desemeber, 2009
Lief vir Jesus?
Die spontane en die aangeleerde. Watter sou vir God die meeste beteken? Sal Hy sleg voel oor die "jy" en "jou" en net tevrede wees met die "U"? Hoeveel van ons eie foute en tekortkominge dra ons saam in ons gebede in - en sal Hy nie dalk agter elke hoflike "U" die onopregte hart kan sien nie?
Lug Jou Mening

Sondag 17:27, 6 Desemeber, 2009
Rympiegebed
Sou God luister na 'n rympiegebed? Wat sou Hy se van spelfoute? As dit die beste is wat 'n kinderverstandjie kan lewer - sou die Vader nie met 'n glimlag luister en met deernis reageer nie?
Lug Jou Mening

Saterdag 12:34, 21 November, 2009
Merkwaardig
Is jou klein wereldjie dalk ook agterstevoor? As jy sinvol en redelik opkyk na die grootheid van die skepping sal jy nie anders kan as om te besef dat daar Iemand baie groter alles staan nie. Is Hy ook in beheer van jou lewe?
Lug Jou Mening

Sondag 20:53, 15 November, 2009
Een Doop
Hoe sou klein Ronnie weet dat daar een Here, een Gloof en een Doop is? Hy was seker 'n klein Apostolie. Die kwessie van die doop van gelowiges, na geloof en bekering, was 'n groot krisis in my lewe. Nadat ek aan die stem van God daaroor in my lewe gehoorsaam geword het, het ek wonderlike geestelike seen en God se teenwoordigheid in my lewe ervaar. Het jy al mooi gedink oor wat die Bybel se oor die doop?
Lug Jou Mening

Saterdag 18:46, 7 November, 2009
Wees net dankbaar
Sal ons nie net so ongekompliseerd met dankbaarheid in ons harte teenoor God lewe nie? Hoeveel eenvoudiger sal die lewe dan nie wees nie?
Lug Jou Mening

Saterdag 16:28, 31 Oktober, 2009
Geloof soos 'n kind
Is geloof ingewikkeld of eenvoudig? Lyk my dat as jy 'n kind is, is dit eenvoudig. Net 'n wete dat die Here sal sorg. Waar het jy jou kindwees voor die Vader verloor?
Lug Jou Mening

Saterdag 08:01, 24 Oktober, 2009
Ons nood vir genade
Hoe vra mens vir seen, wel wetende dat jy 'n oortreder is? In dieselfde asem - soos die kindergebed aandui. Hierdie kind weet dat ons nie kan bestaan sonder God s seen nie. Hy/sy weet ook van ons ingeboude sondigheid teen God. Gelukkig weet hy/sy ook iets van genade - daarom Jesus se naam - ons Enigste Versoening.
Lug Jou Mening

Donderdag 16:37, 24 September, 2009
Dankbaarheid
Dankbaarheid is goed. Dankbaarheid is noodsaaklik. Tog is ons selfsugtigheid selfs uit ons dankbaarheid sigbaar. Selfs die goeie wat uit ons vloei verraai die diepe bedorwenheid van die "ek" binne my.Is dit moontlik om te ontkom van die inspiralende eie ek?
Lug Jou Mening

Saterdag 12:27, 12 September, 2009
Foute maak
Een van die groot Hervormers het gese:"If I then err, let me then rather err by giving too much glory to God".... Wanneer mens besef dat jy genade ontvang het, sonder gelewerde prestasie, of slfs ten spyte van wanprestasie,dan bly daar eintlik net die realisme van dankbaarheid oor. En die genade het ten diepste te make met versoening - dis hoekom Christus moes sterwe en opstaan. Is jy met God versoen?
Lug Jou Mening

Vrydag 17:58, 4 September, 2009
Onthou jy nog?
Miskien het jy lank laas daaroor gedink watter onbeskryflike voorreg dit is om normaal en gesond te wees. Hoe intens is die verlies as mens iets daarvan onherroeplik verloor! Leer vandg iets van die kindjie se gebed daaroor.
Lug Jou Mening

Gaan na ouer BLOGS